Die Groote Post wynlandgoed, buite Darling, is sinoniem met top-gehalte Sauvignon Blanc en het onlangs weer sy staal gewys by die prestigeryke Veritas wyntoekenings. Groote Post het ‘n dubbel goud ontvang vir hul Groote Post Sauvignon Blanc 2021. Die toeking volg op ‘n TOP-10 plek in die 2021 Winemag Sauvignon Blanc Report. Wynmaker, Lukas Wentzel sê dat Sauvignon Blanc nog altyd vir hom ‘n besonderse bekoring inhou en beskou die toekening as ‘n groot voorreg. “Op die ou end van die dag is wynmaak ‘n spanpoging en watter voorreg is dit nie om deel te wees van die Groote Post span nie.” voeg Wentzel by. Die Groote Post Sauvignon Blanc 2021 is beskikaar op die Groote Post aanlynwinkel by www.grootepost.co.za

Groote Post by die onlangse
Veritas toekenings te Val de Vie in 
die Paarl

©2024 Lippens Wines

Login met je gegevens

Je gegevens vergeten?